Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek by die Ou Meul-teater

Musiek by die Ou Meul-teater
 
2008-08-14


VIR die volgende twee weke is daar hope pret by die Ou Meul-teater in die Paarl.

* Môre om 20:00 tree Etienne Terblanche en Dikkazins op. Etienne Terblanche en Dikazzins se debuut-volleng te vrystelling arriveer eersdaags op winkelrakke.

Kaartjies kos R40.

* Mathys Roets, met sy donker meesleurende stem, tree op Vrydag 22 Augustus op om 20:00. Hy het homself oor die afgelope sewe jaar as ’n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig.

Hy is veral bekend vir sy besonderse vertolking van musiek van Koos du Plessis, Lucas Maree, Leonard Cohen, Neil Diamond en Rodger Whittaker.

Met meer as 250 vertonings per jaar in van die grootste stede tot die kleinste dorpies, het Mathys al so te sê ’n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekwêreld geword.

Hy sing beide Afrikaanse en Engelse musiek wat groot byval vind by sy gehore.

Vir kaartjies (R80), skakel Vicky Stemmet 083-564- 0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za