Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tydlose treffers

Tydlose treffers
 
2008-08-14


VANJAAR se Cultivariafees in die Paarl spog met ’n keurspel van top vertonings deur van die land se voorste kunstenaars.

Vanaf 25 to 28 September bied Cultivaria vermaak uit die boonste rakke met veeltalige produksies wat ’n wye spektrum van vermaakgenres soos drama, kabaret, komedie, kontemporêre en klassieke musiek dek.

Die eksklusiewe produksie Tydloos III in samewerking met Rooi Rose is beslis een van die hoogtepunte op vanjaar se feeskalender.

Die produksie wat spesiaal vir Cultivaria saamgestel word, is tradisioneel die topverkoper en gunsteling-produksie op hierdie gewilde kunstefees.

Tydloos III bied ’n keurspel van temaliedjies van silwerdoektreffers soos Titanic, Dr Zhivago, Ghost, Evita, Pretty Woman en An Officer and a Gentleman.

André Schwartz, Arina de Witt, Jannie Moolman en Rina Hugo keer terug met ’n betowerende kombinasie van solo’s, duette en samesang.

Vanjaar het gehore nog meer om na uit te sien met die toevoeging van die talentvolle Kevin Leo and The Voices tot die rolverdeling van hierdie glansproduksie.

Moenie die première van Tydloos III in samewerking met Rooi Rose op Vrydagaand 26 September, om 20:45 in die KWV stadsaal misloop nie.

Kunstenaars soos Nataniël, Nianell, Mathys Roets, Juanita du Plessis, Kevin Leo and the Voices, Chris Chameleon en Rocco de Villiers sal ook by verskeie lokale in die geskiedkundige Bolandse dorp in aksie wees.

Gewilde komediante soos Dowwe Dolla in Saal10, Marion Holm se Cirque Du Sussie!, Karen Wessels se Groet die Grotvrou, Hannes Muller se Groet die Grotman en Frank Opperman se Wyk 14 sal gehore se lagspiere prikkel.

PG du Plessis, Ollie Viljoen en Valiant Swart span saam in Klets, Klawers en Kitaar, terwyl die bekroonde Klarinet en Klawers deur Pieter van Zyl en Matthew Reid gehore sal bekoor.

Vir besprekings, skakel 021­872-9754 of kliek www.cultivaria.com vir kaartjiebesprekings. Slegs kredietkaartbetalings word aanvaar.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za