Man sterf met vier skote in die bors
2005-07-14
DIE vader van 'n jong seun is Saterdagnag in Paarl-Oos met vier skote in die bors gedood.
Bure wat die skote in Coprosmastraat, Klein Nederburg, om 01:00 gehoor het, het op die liggaam van Melwyn Fleurs (41) in 'n gangetjie tussen die wonings afgekom.
Melvyn, van Plumbagostraat 17C, laat sy ouers, sy saamwoonvriendin en 'n 11-jarige seun agter.
Die moordenaars is onbekend. Paarl-Oos speur-insp Elton Abrahams (807-4000) ondersoek die saak.
More
News
|