Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


My koninkryk vir 'n storie

My koninkryk vir 'n storie
 
2008-08-21


DIE Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) neem Maandag om 19:30 deel aan die Taalmaand van die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl.

Afhangende van die weer, sal die binnehof of alternatiewelik die Historium van die Afrikaanse Taalmuseum te Pastorielaan 11, Paarl, gebruik word.

Vanjaar sal hul program uitsluitlik ’n aand van storievertel, tradisionele musiek en potjiekos wees.

Die loktitel van die program is: “‘n Storie, ‘n storie… my koninkryk vir ’n storie!”

Oor die laaste paar jaar het die ASV-bestuur rondgereis na plattelandse gemeenskappe, asook plaaslik, en met storie-vertellers gepraat.

Die program sal propvol van hul stories en ook bekende vertellers soos Basil Kivedo, Willem Fransman jr, Suzie Arends en Monty Isaacs wees. Kom deel in twee uur van heerlik lag en gesels.

Daar sal ook gereeld, tussen die vertellery deur, musiek deur plaaslike musikante soos Albertus Davids en Victor C Fredericks, wees. Die klem sal hier val op eie komposisies.

Toegang is R20.

Vir besprekings, skakel Muriel Mapling by 021-939­6219 of 083-925-7985.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za