Kunstenaar op plaas verkrag
2005-07-14
’n KUNSTENAAR is Saterdag aangeval en verkrag toe sy met honde gaan stap het tussen plase in Klein Drakenstein.
Die Duitse vrou, wat op ’n plaas aan die Roggelandpad woon, het haar buurman se honde vir ’n wandeling geneem toe sy om 17:30, kort voor sononder, deur ’n vreemde man genader is.
Toe sy haar teengesit het, is sy so hardhandig in ’n sloot gegooi dat haar linkerarm op drie plekke gebreek is. Die honde het die aanval · glo rustig aanskou.
Terwyl sy gevrees het die man gaan die kombuismes in sy hand gebruik om haar te vermoor, het sy die verkragter uitgevra en kalm met hom probeer praat.
Hy het vertel dat sy naam Cardo is, dat hy saam met sy ma in Smartietown woon, en dat hy 21 jaar oud is. Die man het ’n tatoeëermerk in sy nek.
Hy het met haar Nokia selfoon gevlug.
Die vrou se gebreekte elmboog is Dinsdag tydens ’n operasie met staalpenne geheg.
Konst Nadia van Wyk (863-1040) ondersoek die verkragting.
* A Dal Josaphat artist suffered serious arm fractures when she was raped while walking the dogs.
More
News
|