Hugenote leerders gee om
2008-08-21
’n GROEP graad elf dogters van Hugenote Hoërskool het weer eens getoon dat die skool ’n warm hart het en daarna streef om ’n positiewe verskil in die breër gemeenskap te maak. Die elf dogters het ’n organisasie genaamd “Teenagers for Breast Cancer” (T4B) op die been gebring, wat tans onder Cansa funksioneer. T4B streef daarna om groter bewustheid rakende kanker en veral borskanker in die gemeenskap te bevorder, om ’n verskil te maak aan hoe die jeug kanker beskou. Om ook te toon dat die jeug betrokke kan raak by kankerbestryding en om fondse in te samel vir diegene wat aan borskanker ly asook vir kankernavorsing. Van die projekte wat beoog word, is onder meer om kundiges as sprekers te betrek en om strikkies te verkoop om groter kankerbewustheid te bevorder. Die projek het ’n groot hupstoot gekry met ’n R5000 skenking van die Kaapse Wynland Munisipaliteit.
More
News
|