Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hof herrys binnekort

Hof herrys binnekort
 
2008-08-21

Lise Beyers

HERSTELWERK aan die Paarl Landdroshof, wat in Januarie deur brand beskadig is, sal bin­ne die volgende maand begin.

Die Landdroshof is op 16 Januarie byna in puin gelê toe die vlamme verskeie kantore, asook die siviele hof, verwoes het.

Die brand het vermoedelik ontstaan deur ’n elektriese kortsluiting in een van dié kantore.

Maar hierdie brand het nie die hofowerhede gestuit nie, en binne ’n dag het hofverrigtinge voortgegaan, al was daar ’n paar vertragings hier en daar.

Weens die tekort aan ’n hofsaal, is Mbekweni sake verskuif na die Wellington Landdroshof, en die Franschhoek hof is heropen.

Omdat die kantore waar onderhoudbetaling plaasvind, uitgebrand het, is hierdie betalings hervat by die Streekhof.

Die Areabe­stuur- der van die Landdroshowe, She­ril­dene Martin, het gesê dat alles nou in plek is om óf teen die einde van hierdie maand, óf aan die begin van September met herstelwerk te begin.

“Ons wag vir die ergste van die reënseisoen om op te hou en dan sal werk aan die Landdroshof volstoom begin.

“As alles goed gaan sal dinge teen Maart na normaal toe terugkeer by die hof.

“’n Mobiele siviele hof sal binnekort tot die beskikking van die hof wees. Dit sal druk op die kriminele howe verlig, en sal ook dienslewering ver­beter.”

Martin beveel aan dat die publiek eerder hul onderhoudsbetalings elektronies moet doen om tyd te bespaar.

* Repair work to the Paarl Magistrate’s Court, which was damaged by a fire, will soon begin.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za