Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Predikantsvrou oorleef kopskoot

Predikantsvrou oorleef kopskoot
 
2005-07-14


DIT was ’n wonderwerk, meen gemeentelede nadat ’n predikantsvrou
van Gouda ’n skoot deur die kop oorleef het.

Glynnis Grant (35) was verlede Donderdagnag alleen in die gesin se huurhuis by die Voëlvleidam. Twee gewapende mans het skielik in haar slaapkamer ingestorm en haar trompZ-p in die gesig geskiet.

’n Televisiestel, DVD-speler, musieksentrum en ’n rekenaar is in die Grants se Ford Fiesta gelaai, en die rowers het daarmee gevlug.

Kort na 05:30 het die polisie die voertuig naby Pinelands opgemerk, waar die mans in ’n lamppaal vasgejaag het. Toe die polisie hulle nader, het hulle gevlug.

’n Sewentienjarige van Gouda is kort daarna aangekeer. Beslag is gelê op die gesteelde goedere asook ’n 9mm vuurwapen wat moontlik in die aanval gebruik is.

Terwyl polisielede met die ondersoek na die rooftog vorder, is die gemeenskap van skaars 100 siele erg geskok oor die aanval in een van die sowat 20 bewoonde huise teen Voëvleidam.

‘‘Alles is rustig hier. Ons is sowaar onkant betrap,’’ het ’n polisiebeampte gesê.

Werkskollegas by die Gouda vrugteverpakkingsfabriek waar Glynnis as opsiener werk, was is ewe stomgeslaan oor die poging om haar te vermoor.

Glynnis word steeds in die Tygerberg Hospitaal behandel. Haar man, ds Charles Grant, staan haar by.

Die egpaar se seweZ-jarige dogter word nou deur familielede in Kaapstad versorg.

‘‘Sy sterk mooi aan,’’ het ’n familielid gesê. ‘‘Dit is ’n wonderwerk dat sy lewe.’’

Die twee beskuldigdes het Maandag in die Tulbagh Landdroshof op
aanklagte van poging tot moord en gewapende roof verskyn.

Hulle name kan nie bekend gemaak word voor ’n uitkenningsparade
hierdie week nie.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za