Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reddingswerkers presteer

Reddingswerkers presteer
 
2008-08-21

Lise Beyers

TWEE reddingsbeamptes van die Paarl Metro-nooddienste het uitgeblink by verlede maand se Wêreld Reddingskompetisie wat in Cardiff, Wallis, plaasgevind het.

Een-en-veertig reddingspanne van dwarsoor die wêreld is genooi om aan dié kompetisie deel te neem om hul vernuf as reddingspesialiste te bewys.

Darrell Bowyer en Donnie van Schoor was ingesluit in die Suid- Afrikaanse span van ses reddingswerkers, wat uiteindelik agtste geëindig het in die top tien.

Tydens die kompetisie is daar van hulle verwag om hul vernuf te bewys in uiters moeilike voertuigreddingsituasies en bergredding.

Hul mediese kennis is ook onder die vergrootglas geplaas, deurdat die pasiënte wat hulle moes ‘red’, gekwalifiseerde dokters was.

Nadat die ‘redding’ plaasgevind het, en die ‘pasiënt’ veilig vervoer is, moes die dokters verslag lewer oor hul mediese diag- nose en die behandeling wat hulle ontvang het.

Bowyer vertel dat die kompetisie baie straf was, maar Suid-Afrika staan geensins terug as dit kom by reddingswerk nie.

“Ons is heeltemal op dieselfde vlak as die res van die wêreld as dit by reddingswerk kom.

“Ons vaardighede en kennis is dieselfde, en in party omstandighede selfs beter.

“Maar die kompetisie in die geheel was kop aan kop.”

Van Schoor het gesê dat hy stomgeslaan is deur die motors wat hulle stukkend moes sny.

“Hiér is ons gewoond daaraan dat ons op wrakke oefen. Maar daar anderkant was die motor wat ons stukkend moes sny, splinternuwe Mercedes’e, BMW’s en selfs Jaguars. Dit was letterlik derduisende rande wat in wrakke omskep is.”

Beide Bowyer en Van Schoor wil graag die talle plaaslike besighede bedank wat die reis na Wallis vir hulle moontlik gemaak het.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za