Kleuter verdrink in swembad
2008-08-21
Lise Beyers
MET die eerste tekens van somer, het ’n kleuter die afgelope naweek sy lewe verloor in ’n swembad. Die tragedie het Saterdag afgespeel in Poolestraat, Vanwyksvlei, toe klein Mattéo Appollis (5) sy ouma vergesel het om haar hare te laat sny. Terwyl Appollis in die huis-haarsa - lon besig was, het Mattéo buite met ander kinders gespeel. Hy het egter verdwyn en toe sy ouma na hom begin soek, was daar geen teken van hom nie. Talle mense het help soek na die kleuter, maar hul vrese is bewaarheid, toe ’n jong man met ’n stok in die modderige swembadwater gekrap het en iets gevoel het. Die jongman het toe ingeduik en met Mattéo se lewelose lyfie boontoe gekom. Verskeie pogings is aangewend om vir Mattéo by te bring, maar hy is later by die Paarl Hospitaal dood verklaar. Mattéo se jong ma, Mariska, was vandeesweek troosteloos in die familiehuis in Newton. “Ons het self ’n swembad hier, en Mattéo het daarmee grootgeword. Hy was altyd versigtig en sou nie sommer so alleen naby die water gaan nie. “Ons kan nie verstaan wat gebeur het nie.” Mattéo was volgens bure ’n beken- de gesiggie in Adam- straat en het diep binne almal se harte gekruip met sy manewales. Ook by sy kleuterskool, Little Stars, in Wellington, was hy ’n sonskyn-kind. Sy begrafnis vind Saterdag om 09:00 plaas vanaf die huis te Adamsstraat 12, en daarna by die AGS Kerk, Newton. * A young boy has drowned in a swimming pool in Van Wyk’s Vlei.
More
News
|