Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest gooi sege weg

Hillcrest gooi sege weg
 
2008-08-21


SWAK opsies en treurige verdediging het Saterdag vir Hillcrest United die wedstryd gekos teen Young Hamiltons.

Hamiltons het, met hul 13- 10 oorwinning, vir Hillcrest gewys wat geduld met balbesit beteken en dit wil voorkom of die span van Wellington se sterkpunte nou sy swakpunte geword het.

Talle geleenthede om punte aan te teken het deur swak opsies en selfsugtigheid verlore gegaan.

Alhoewel die rustydtelling 10-3 was in Hillcrest se guns, het die afrigter se insette beslis die manne van Worcester begeester.

Dit was beslis een van Hillcrest se swakste wedstryde en plaas die span onder onnodige druk om die uitspeelwedstryde te haal. Dit is nou terug tekenbord toe vir Hillcrest.

Hillcrest speel Saterdag in Bredasdorp. Die busse vertrek stiptelik om 8:30 en kos R50 per persoon.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za