Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kry gratis vitamine A by naaste kliniek

Kry gratis vitamine A by naaste kliniek
 
2008-08-21


Dit is lank reeds bekend dat ’n gebrek aan vitamine A die vernaamste oorsaak van voorkombare blindheid by kinders is.

Vitamine A speel ook ’n belangrike rol om die liggaam se weerstand teen infeksies op te bou en dat kinders wat ’n gebrek aan vitamine A het, ’n hoër risiko loop om siek te word, veral aan masels en diaree, of om te sterf.

Studies het getoon dat die oorlewingskans van kinders tussen die ouderdom van 6 tot 59 maande wat ’n gebrek aan vitamine A het, drasties vergroot kan word deur hul vitamine A-vlakke te verhoog.

Van 1 tot 20 September is vitamine A-aanvulling vir kinders vanaf ses maande op ’n roetinebasis beskikbaar by gesondheidsorginstellings in Drakenstein.

Alle ouers in die Drakenstein area word dus aangemoedig om tydens hierdie tydperk hul kinders (ses maande tot vyf jaar) na die naaste kliniek te neem, sodat die nodige vitamine A druppels kan toegedien word.

Gedurende hierdie tyd sal daar ook gesondheidswerkers na al die bewaarskole gaan om ook daar vitamine A toe te dien.

Dit is egter baie belangrik dat ouers die kinders se kliniekkaart moet saambring na die klinieke en crèches tydens die veldtog, want die gesondheidswerkers moet die nodige stempel op die kaart aanbring om herhaling van vitamine A toediening te verhoed.

Hoë dosisse van vitamine A-aanvullings word dan sesmaandeliks aan kinders van 6 tot 59 maande oud toegedien.

Verbeter jou kind se gesondheid, kom kry gratis vitamine A by jou naaste kliniek.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za