Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tekenaar sterf in wrak

Tekenaar sterf in wrak
 
2005-07-14


MET sy swanger vrou wat hom tevergeefs op sy selfoon probeer bereik, het ’n Paarlse argitektegnikus Saterdag dood in die wrak van sy motor gelę, gevou om ’n boom.

Sers Jannie Damonse, polisielykhuisbeampte, het die laaste selfoonoproep nagespoor en so kon Lazelle, die vrou van Maurice Prins (26), by hul woning in Bo-Lady Einde van blok 2 Greystraat bereik word.

Die bestuurder van ’n insleepvoertuig in Distillerystraat het gesien hoe die splinternuwe wit Toyota RunX om 23:30 rustig verby gery het.

Daarna het hy gehoor hoe die motor versnel, en toe die slag soos Maurice teen ’n boom by die ingang van WPK bots. Hy het sy nek gebreek.

Volgens ondersoekers lyk dit of die motor op ’n draai die randsteen gevang het. Die velling van die linkerkantste voorwiel is gebreek en die motor is byna in twee geskeur.

Die lugkussings het oopgegaan, maar kon nie verhoed dat die bestuur
der se nek breek nie.

Die PrinsZegpaar het onlangs van Worcester na die Paarl getrek. Sy vrou, ’n bewaarder by Hawekwa Jeuggevangenis op Wellington, is
vier maande swanger.

By Albertyn Viljoen argitekte, is Maurice as ‘‘’n sonstraal’’ beskryf, ‘‘altyd vriendelik’’.

Die begrafnis is Saterdag 11:00 op Oudtshoorn waar sy moeder woon. in die Weyers Memorial Kerk.

* A Paarl architect has died in the wreck of his new car, wrapped around a tree trunk in the industrial area.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za