Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie loop vry na moord

Drie loop vry na moord
 
2008-08-21

Lise Beyers

DIE gemeenskap van Paarl-Oos is vandeesweek stom gelaat, nadat drie vermeende moordenaars vry geloop het uit die Kaapse Hooggeregshof.

Vandeesweek sou vir inwoners van Green­fields die begin gewees het van die afsluiting van ’n gruvoorval in dié gebied, wat byna drie jaar lank by hulle spook.

Op 1 Oktober 2006 is Greenfields in rou en skok gedompel, toe die liggaam van Jolene Pietersen (19) van Nkukulekostraat gevind is.

Sy is in die middernagtelike ure verkrag en keel-af gesny.

Jolene se liggaam is in ’n digbegroeide stuk veld naby haar huis gevind, waaroor inwoners toe al ’n geruime tyd gekla het. Hulle het voorspel dat dit ’n gevaarsone is.

’n Week ná die grusame moord is ’n eerste verdagte, Jacob Pietersen, in hegtenis geneem, nadat die polisie inligting van die gemeenskap ontvang het oor bloed op sy klere.

Kort hierna is Ben Pienaar van Fairyland aangekeer, en enkele dae later is Michael Manzo van Mbekweni ook in hegtenis geneem.

Al drie is aangekla van Jolene se moord.

Die hofsaak het Maandag begin loop by die Kaapse Hooggeregshof, maar entoesiastiese hofgangers moes hoor dat die saak eers op ys gesit word weens onvoldoende bewyse.

Volgens die staatsaanklaer, stem die DNA-uitslae van die semen wat op Jolene gevind is nie ooreen met dié van die beskuldigdes nie.

Alhoewel een van die verdagtes met sy inhegtenisname ’n bekentenis afgelê het, sal dit ook nie as getuienis aanvaar word nie, want sy regte is nie aan hom verduidelik nie.

Die staatsaanklaer het gesê dat hy erkies om die saak nou op ys te sit sodat verdere bewyse bymekaargesit kan word, om die saak te versterk. Indien die saak sonder genoegsame bewyse voortgaan en die mans word hierdeur onskuldig bevind, kan hulle volgens wet nooit weer vir dié misdaad verhoor word nie.

* Three suspects in the gruesome rape and murder of a young woman have been released from prison.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za