Saints looi Newtons in sokkerstryd
2008-08-21
IN ’n taamlik eensydige kragmeting het die span van Hillcrest Saints vir Newtons ’n sokkerles geleer en sodoende sy stem begin dik maak om die liga-kroon te kelder. Die eindtelling van 3-0 vlei eintlik vir Newtons aangesien hulle vir Saints in ’n absoluut verwoede bui gekry het. Die senior spelers, Danley van Wyk, Sedrick Williams, Morithan Thomas en Rishaad Sulaiman, moes die jonger geesdriftige spelers in toom hou, want hulle was oorgehaal om Newtons te begrawe. Saints het alle fasette van die spel oorheers en was ongelukkig om nie die rekord- boeke te herskryf nie. Hillcrest se doele is aangeteken deur Cedrick Williams, Morne ‘een doel per wedstryd’ de Vries en Morithan Thomas.
More
News
|