Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons terug in bekerwedloop

Newtons terug in bekerwedloop
 
2008-08-21


MET slegs twee wedstryde oor vir die seisoen lyk Newtons se bekerkanse goed nadat hy in ’n wegwedstryd die sterk span van Rawsonville met 36-15 geklop het.

Newtons het ses drieë in die proses gedruk en sodoende ’n broodnodige bonuspunt verdien.

Teen rustyd het Newtons slegs ’n geringe voorsprong van 12-8 geniet en was die uitslag nog in die weegskaal.

Die terugkeer van Newtons se Bolandspelers, Ryan Jordaan (losskakel) en Alshaun Bock (senter), tesame met ’n driekuns aan drieë deur die vleuel Edward Jansen, het egter die skaal in die besoekers se guns geswaai.

Volgens Newtons se afrigter, Sidney Cupido, het hy nou die regte kombinasies om die beker te verower en te verseker dat hulle bevorder word na ’n hoër liga.

“Die kombinasie van ’n dominerende agttal en ’n agterlyn met talle spelbrekers is ’n wenresep.”

Newtons se uitblinkers was Junaid Ahmed (slot, 1 drie), Eslin Snyders (flank en kaptein, 2 drieë) en Irvin Williams (heelagter, twee doelskoppe), Edward Jansen (drie drieë) en Ryan Jordaan (een doelskop).

Newtons speel Saterdag tuis teen die huidige voorlopers in die kompetisie, Caledon. Newtons moet dié deurslaggewende wedstryd met ’n bonuspunt wen indien hy sy bekerkanse lewendig wil hou.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za