Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diesel-diewe vas

Diesel-diewe vas
 
2008-08-21

Lise Beyers

LEDE van die Wellington polisie het verlede week ’n deurbraak gemaak in die knaende golf van dieseldiefstal.

Nadat ’n klag van dieseldiefstal op ’n plaas by Lady Loch ontvang is, is die polisie na die toneel om ondersoek in te stel.

’n Bakkie is langs die pad verlate gevind, en met verdere ondersoek is verskeie 25 liter kanne vol diesel versteek in die gras gevind.

Die polisie het die registrasienommer van die voertuig opgeroep, wat vir hulle gelei het tot die Paardeberg. Hier is drie verdagtes vinnig vasgetrek terwyl hulle nog in ’n karavaan probeer skuil het op ’n plaas.

Altesame 600 liter diesel is teruggevind.

Dit is die eerste keer dat verdagtes in hegtenis geneem is in dié gebied vir dieseldiefstal.

Talle boere is die afgelope paar maande lam gelê hierdeur, veral in die Paardeberg- gebied.

Van hulle is reeds beroof van soveel as 4000 liter, en soos wat die dieselprys gestyg het, so het die onwettige handel van hierdie ‘vloeibare goud’ toegeneem.

Dit blyk dat diewe laatnag diesel uit boere se tenks tap, en dan soos mis voor die son verdwyn.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat diesel teen R5 per liter op die swartmark verkoop word.

“Vir diewe is dit maklike geld, maar ons is op hulle spoor.

“Ons waarsku ook die publiek dat diegene wat uitgevang word dat hulle diesel by onwettige handelaars koop, vervolg sal word.”

Karel Wessels, Dawid Hendriks en Roger Williams is in hegtenis geneem in verband met hierdie diefstal.

* Three men have been arrested in connection with diesel theft.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za