Dwelmbewusmaking
2008-08-21
DIE Paarl-Oos polisie, in samewerking met die Interkerklike Jeuggroep, bied Saterdag ’n bewusmakingsveldtog aan met die oog op misdaadbekamping en die oorlog teen dwelms. Die dag se verrigtinge skop om 12:00 af met ’n optog vanaf Orleanspark deur PaarlOos, tot by die Zionskerk. Om 15:30 sal verskeie praatjies hiér gelewer word oor misdaad en dwelms. Ná die formele verrigtinge sal die gemeenskap vermaak word met musiek en sang. ’n Beroep word op die gemeenskap van Paarl-Oos gedoen om hierdie bewusmakingsveldtog te ondersteun en om betrokke te raak by die stryd teen misdaad en dwelms.
More
News
|