Vrou aan die brand gesteek
2008-08-21
’n VROU van Fairyland veg tans om haar lewe, nadat sy aan die brand gesteek is. Patricia Arendse (20) en haar suster, het Saterdagmiddag vermoedelik in ’n sjebeen in dié gebied gekuier. Toe hulle omstreeks 16:45 huis toe gaan, is hulle deur ’n vriend gekonfronteer. ’n Argument het ontstaan, en Arendse is met paraffien bedek en aan die brand gesteek. Geskokte lede van die gemeenskap moes hierna toekyk hoe sy in ’n vlammebol gillend deur die strate gehardloop het. ’n Lid van die gemeenskap het vir haar te hulp gesnel, maar toe die vlamme geblus is, was Arendse onherkenbaar vermink. Sy is na die Paarl Hospitaal geneem en weens die erns van haar wonde na Tygerberg Hospitaal verplaas, waar sy tans in die intensiewe sorgeenheid behandel word. Jeremy April (24) is in hegtenis geneem vir poging tot moord. * A woman suffered serious burn wounds, after being doused with paraffin and set alight.
More
News
|