Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit se ontwykende antwoorde pla

Munisipaliteit se ontwykende antwoorde pla
 
2008-08-21


DIE munisipale woordvoerder, mnr Anthony Sauls, se ontwykende antwoorde op my brief dui duidelik daarop dat hy ’n gesoute politikus moet wees.

Die ANC roem hulself daarop dat hulle in voeling is met die kiesers, maar mnr Sauls is duidelik nie in voeling met sy werknemers se besluite nie.

Wie die toestemming verleen het vir die Vrouedagviering is steeds onbeantwoord, dus kan dit net die munisipale bestuurder gewees het… waar is die Raad?

Die voorwaardes, waaronder toestemming verleen is, is duidelik nie nagekom nie.

Dienslewering IS geraak – veral by die motorregistrasie-­ afdeling waar die hekke reeds 10:00 GESLUIT is.

Daar was geen dienste gelewer na 10:00 die Vrydagoggend nie. Geen afsprake vir enige lisensies kon gemaak word nie.

Geen lisensies kon afgehaal word nie. Registrasie en deregistrasie as­ook lisensiehernuwings en dies meer kon die dag nie gedoen word nie!

Sou die toetsing van leerlinglisensies enigsins voortgegaan het? Of die toetsing van voertuie vir padwaardigheid?

Duidelik is die antwoord NEE, want niemand is ná 10:00 by die hek ingelaat nie.

Die mans by die registrasie-­ afdeling kan nie of weet nie hoe om die rekenaars en geldlaaie te bedryf nie, is al afleiding wat ek kan maak.

Ek was verbaas om die gewoonlik vriendelike stem van die Munisipaliteit se skakelbord­operatrise die dag te hoor terwyl al die ander dames Vrouedag hou.

Sou die organiseerders van die Vrouedagfunksie toevallig vergeet het dat dit ’n vrou is wat die telefone beantwoord?

Dis baie duidelik dat die munisipaliteit nie ’n manlike personeellid het wat die skakelbord kan BEMAN nie.

Dit was insiggewend om in verlede week se Sondagkoerant te sien dat 180 dorpe nasionaal oor dienslewering van hul plaaslike owerheid kla.

Die Paarl belastingbetalers moet ’n slag wakker word en saamstaan – raak verhewe bo partypolitiek en dring aan op beter diens.

Bekommerde

belastingbetaler




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za