Musiek en kinderteater by die Ou Meul-teater
2008-08-28
DIE volgende twee naweke is dit musiek en kinderteater by die Ou Meul-teater. * Die Melktert Kommissie (DMK) tree Saterdag om 20:00 op. Vergewe en Vergeet is DMK se derde album binne net vyf jaar. Dit bevat tien nuwe, oorspronklike snitte wat varieer van akoestiese rock tot blues en ballades. Die groep het saamgesmelt met al die gebeure in hulle lewens in die laaste tyd soos die inbrake, die verlowing, die roem oor die jare en dan natuurlik ook die alledaagse dinge soos brood en melk koop. Kaartjies is R70. * Die Kanna-benoemde kinderteaterstuk, Die Slapende Skoonheid, bring ’n vars kykie op ’n reeds bekende sprokie deur dit vermaaklik aan te bied vir beide oud en jonk op Saterdag 6 September om 10:00. Die produksie vertel die verhaal van Flora die slapende prinses en haar ervaringe in Lappiesdorp. Die teks en regie is deur Petrus du Preez. Kaartjies is R30. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|