Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington kou klippe

Wellington kou klippe
 
2008-08-28


WELLINGTON se eerste rugbyspan het Saterdag in ’n wegwedstryd te staan gekom teen Delicious van Ceres.

Wellington het met sy 17-20 nederlaag harde klippe gekou.

Die span van Wellington wat erg ontwrig is as gevolg van provinsiale, o.19 en o.21 verpligtinge, het aanvanklik sterk teenstand gebied en veral in die vaste fasette oorheers.

So het Wellington ook eerste lont geruik toe die heelagter Nicus Bergh met ’n strafdoel geslaag het.

Delicious se vlymskerp agterlyn het egter onmiddelik teruggeslaan met ’n onverdoelde drie. Kort voor rustyd het Delicious weer ’n goeie drie gedruk ná goeie agterlyn spel. Die rustydtelling was 10-3 in Delicious se guns.

Na rustyd het Wellington baie beter rugby opgedis met Nicus Bergh wat ’n verdoelde drie gedruk het.

’n Verdere strafdoel en verdoelde drie deur die tuisspan was die finale spyker in Wellington se doodskis.

Alhoewel Wellington in die doodsnikke van die wedstryd ’n welverdiende drie deur Hentas Kotze behaal het, was dit te laat vir die besoekers.

Wellington se uitblinkers was Kotze, Gerdus La Grange (slot) en JP Wiese (haker).

Wellington se tweede span het 13-12 gewen en die derde span het vasgeval met 16- 36.

Wellington se volgende drie wedstryde - teen Worcester Villagers (30 Augustus), Roses United (5 September) en Montagu Villagers (12 September) - is almal tuis.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za