Newtons skraap deur
2008-08-28
IN ’n spannende wedstryd het Newtons die huidige voorlopers in die kompetisie, Caledon, met 8-5 geklop. Newtons se toeskouers moes tot teen die einde van die wedstryd naels kou en kon eers ’n sug van verligting slaak toe die eindfluitjie blaas. Newtons kan sy sterre dank vir die briljante Bolandspeler, Alshaun Bock, wat sy lyf op die spel geplaas het om die Caledonners van die doellyn weg te hou. Male sonder tal het Bock feitlik man-alleen met tieragtige verdediging die besoekers van meer punte weerhou. Newtons het nou slegs een wedstryd oor, teen McGregor, wat hulle met ’n bonuspunt moet wen indien hulle steeds die liga wil verower. Ander uitblinkers vir Newtons was die staatmaker-haker, Roderick Loverlott, die kaptein Eslin Snyders en die heelagter Irvin Williams. Tyrone Barron het Newtons se drie gedruk met Williams wat ’n strafdoel behaal het. Newtons speel Saterdag weg teem McGregor. Die bus vertrek om 11:00 en vervoerkoste beloop R30.
More
News
|