Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest val vas

Hillcrest val vas
 
2008-08-28


’n ERG ontwrigte Hillcrest United was Saterdag baie ongelukkig om hul wedstryd teen Standards te verloor.

Dit het ’n omstrede beslissing deur die tuisspan se grensregter gekos om die besielende Hillcrest in sy spore te stuit.

Die wenpunte is in die doodsnikke aangeteken om die eindtelling op 34-29 te bring.

Weens talle beserings en onttrekkings moes Hillcrest diep in sy reserwekrag delf. Die nuwelinge Terry Pietersen (senter), Davey Fisher (agtsteman), Rishaan Jacobs (slot) en Weeso Zeeland (flank) het hul teenwoordigheid behoorlik laat geld.

Dié spelers was goed bygestaan deur die plaasvervangerflank Jowayne Williams.

Hillcrest het alle fasette van die wedstryd oorheers en het veral in die skrums hul opponente behoorlik opgedreun.

In die lynstane het Jacobs hom behoorlik laat geld.

Die losskakel Conroy Gertse het weereens die waarde van ’n betroubare stelskopper bewys. Hy het met al sy skoppe na die pale geslaag en was te alle tye aan die stuur van sake.

Vir Hillcrest het die kaptein Jerome Coetsee en André Andrews drieë gedruk.

Conroy Gertse het geslaag met twee doelskoppe, ’n skepskop en vier strafskoppe.

Hillcrest speel Saterdag tuis teen Brandvlei en staan steeds ’n kans om vir die uitspeelwedstryde te kwalifiseer.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za