Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Labori kraai koning

Labori kraai koning
 
2008-08-28

Jaco van Wyk

DIE Hoërskool Labori se eerste rugbyspan het Saterdag, op ’n sopnat veld, alle fasette van hul interskolewedstryd teen Bosmansdam oorheers om gemaklik met 51-0 koning te kraai.

Labori het boonop nie net die eerstespan rugbywedstryd beklink nie, maar ook, met die uitsondering van die interskoledebat wat hulle met 1-2 verloor het, die botoon gevoer in al hul ander wedstryde.

In ander rugbywedstryde was Labori se o.14A’s (22-0), o.15A’s (17-6), 0.16A’s (19-0) en o.19B’s (10-0) almal te sterk vir hul opponente.

Op die netbalbaan was al Labori se spanne aan die wenkant om ’n wengemiddelde van 147-59 te behaal. Die o.19A netbalspan het 26-22 geseëvier.

Labori se eerste seunshokkiespan was met 7-0 te sterk vir hul teenstanders en die eerste dogtershokkiespan het met 2-0 gewen. Die dogters o.19B hokkiespan het 1-0 gewen.

Tydens die Landloop het Labori alvier die eerste plekke behaal, met die Matthee broers, Cobus en Johan, wat onderskeidelik eerste en tweede gekom het.

Labori se skaakspan het met 4-1 gewen.

André Coetzee was, met sy driekuns aan drieë, die eerste rugbyspan se speler van die wedstryd.

Ander driedrukkers was Francois Solomons (2), Francois la Grange, Rick de Bruin en Clint Cloete. Daryl Heyns was in die kol met vier doelskoppe en ’n strafdoel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za