Karaoke saam met die Royal Stars
2008-08-28
ROYAL Stars Xmas Band (’n nie-winsgewende gemeenskapsorganisasie) bied Vrydag 5 September ’n Karaoke-aand aan by die Annunciation Saal in Van Der Stelstraat, Paarl, om 19:00. Hulle vra dat die gemeenskap vir hulle sal ondersteun in hierdie fondsinsamelingspoging. Kaartjies teen R20 is verkrygbaar by lede en by die deur. Verversings is te koop. Vir meer inligting, skakel Cavin Cornelissen by 083-556-8626.
More
News
|