Wellington ATKV toer na die Weskus
2008-08-28
DIE Wellington-tak van die ATKV gaan op Saterdag 6 September weer met ’n toergroep na die Weskus. Die blomme beloof om vanjaar weer iets besonders te wees om te sien. Die toerbus vertrek om 07:45 vanaf Hugo Rust Laerskool. Op pad word daar eers by die Swartland Wynkelder aangedoen waar geproe en gekoop kan word. Dan sal die orgideëplaas te Darling besoek word waar blomme en plante gekoop kan word. Die wynproe kan ook hier afgesluk word met ’n koffie en pannekoek. By Langebaan is van die mooiste blomme te sien met ’n pragtige uitsig oor die strandmeer. ’n Heerlike Weskusete word deur Saldanha se ATKV-tak by die Hoedjiesbaai Hotel, voor op die see, voorgesit. Die terugrit is via Hopefield. Alles ingesluit kos slegs R130 per persoon. Bespreek betyds by Musiklood in die Paarl of skakel vir Rieks Koorts by 082-441-5011 of 021-864-2642.
More
News
|