Orleans wys wie is baas
2008-08-28
NEW ORLEANS SEKONDÊR het Saterdag sy stem behoorlik dik gemaak toe hulle die Hoërskool Bredasdorp Atlantic Sewestoernooi, op Bredasdorp, gewen het. New Orleans het in hul groepwedstryde afgereken met Napier (31-0), gelykop gespeel teen Albert Myburg (12-12), gewen teen Schoonspruit (17-15) en koning gekraai teen Swartberg (38-5). In die semi-finaal het New Orleans swaarde gekruis met Hermanus (NO wen 28-10) voordat hulle vir Wesbank in die finaal met 36-5 afgestof het. Na afloop van die toernooi was Ryan Jordaan en Clayton August vir die Atlantic Sewesspan gekies. Jordaan is welverdiend as die speler van die toernooi aangewys na hy uithalerspel gelewer het.
More
News
|