Op 'n hoë noot opgevoer
2008-08-28
DIE toneelstuk, Op ’n hoë noot, sal opgevoer word by die Breytenbach-sentrum Saterdag 13 September om 18:00. Hierdie splinternuwe stuk is gegrond op uittreksels uit die versamelbundel Op ’n hoë noot, die lekkerste stories van PH Nortjé, wat pas verskyn het. Met Nic de Jager en Eben Genis in die rolverdeling, word hulde gebring aan PH Nortjé (regie en samestelling deur Juanita Swanepoel). Skakel Ellziena Kriel by 021-873-2786
More
News
|