Man vas oor aanval op Chinees
2008-08-28
’n MAN is in hegtenis geneem ná die onlangse wreedaardige aanval op ’n Chinese winkeleienaar van Wellington. Zhuofanes Zhuong is drie weke gelede in haar winkel in Hoofstraat aangeval. Die winkel was reeds gesluit ten tyde van die aanval en dit is onseker hoe die man toegang tot die winkel gekry het. Terwyl sy deur die aanvaller met ’n mes gesteek is, geslaan en geskop is, het sy daarin geslaag om te ontsnap en oor ’n hoë heining geklim na veiligheid. Hier het ’n buurman tot haar redding gekom, maar haar aanvaller het ontsnap. Zhuong is met ernstige kop- en steekwonde na die Paarl MediClinic, waar sy nog tot onlangs behandel is. Die Wellington polisie het ’n intensiewe ondersoek geloods, en die spoor het gelei na ’n man van Kraaifontein, Godfrey Hector. Hy het onlangs in die Wellington Landdroshof verskyn op aanklag van roof en poging tot moord, Hector bly in aanhouding en verskyn weer op 2 Augustus in die hof. * A man has been arrested in connection with the brutal attack on a Chinese shop-owner in Wellington.
More
News
|