Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baba maak byna verskyning met bruilof

Baba maak byna verskyning met bruilof
 
2008-08-28

Lise Beyers

TERWYL ’n jong paartjie gereed gemaak het om voor die kansel te staan, het dinge lelik begin skeefloop, toe hul eersteling gedreig het om sy verskyning te maak.

Huwan Pietersen (24) en Fagh- meda Stevens (23) het spesiaal vanaf Mpumalanga na die Paarl gereis, om voor Huwan se familie te trou.

Die paartjie verwag hul eersteling op 11 September, en verlede Vrydag was die groot dag om in die huwelik te tree.

Hulle sou by die Valley Christian Fellowship trou, waarna daar ’n geselligheid sou wees met talle familie en vriende om die huwelik te vier.

Maar terwyl Faghmeda gereed gemaak het vir haar groot oomblik, het sy geweldige kraampyne begin kry.

“Ons is dadelik na Paarl Hospitaal, want ek was oortuig dat die kleinding nou sy verskyning wou maak.”

Huwan se ma, Cecilia Steyn, was egter nie van plan dat haar seun se troudag bederf word nie.

“Ons het vir die susters by die hospitaal gesê dat dit hul troudag is, en hulle het vir ons toestemming gegee om die troue na die hospitaal te verskuif. Inderhaas is talle koeke, eetgoed en blomme soontoe verskuif, en hulle het vir Faghmeda ’n spesiale kamer gegee vir die troue.

“En een van die susters het selfs ’n rok byderhand gehad vir die bruid om aan te trek.”

En so het die bruilof in die hospitaal plaasgevind terwyl Fagh- meda haar kraampyne onder bedwang probeer hou, en onder die wakende oë van dokters Titus en Kloppers, in geval die kleintjie tydens die seremonie besluit om sy verskyning te maak.

Maar net so vinnig soos wat Faghmeda se kraampyne begin het, so het hulle weggegaan.

Vrydagaand kon sy huis toe gaan, maar beide Huwan en Faghmeda is teleurgesteld dat hul eersteling nie gebore is op hul troudag nie.

Huwan moes Maandag met ’n swaar hart terugkeer na Mpumalanga.

“Ek is mos nou ’n getroude man met ’n kleintjie op die drumpel. Dus moet ek terug gaan werk toe om vir hulle te sorg.”

Weens Faghmeda se huidige toestand sal sy nou agterbly by haar skoonmense en die baba sal in die Paarl gebore word.

“Dink net, as ek weer vir my vrou sien, is dit saam met ons kleinding. Dan is ons ’n volwaardige gesin,” vertel ’n opgewonde Huwan.

* On the day that a young couple got married, their unborn baby almost decided to makes his appearance.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za