Nuwe blyplek vir bedelaars
2008-08-28
HET julle gewonder waar die bedelaars van Noorder-Paarl nou bly? En het julle gesien dat hulle nie meer net twee is nie! Die ander man met die donker hare en die baard het by die tuindienste gewerk. Hy het sy werk opgegee en help nou ’n ander bedelaar met sy “karwas”. Hulle besit ’n blou emmer, lappe en twee bottels karwas sjampoe - maar GEEN water nie! Elke middag om 12:00 beweeg hulle dorp se kant toe om te gaan “werk”. Nie lank nie dan keer hulle terug met net genoeg geld vir ’n botteltjie wyn. Hulle het getrek. Hulle bly nou in die “hokkie” van die klein kerkie se toilette. Ek wonder waar is hul nuwe toilet aangesien die kerk se toilette gesluit is - seker maar die kerk se tuin. Wonder of die Samaritaan wat so besorg was oor hulle, deesdae vir hulle sorg.Anti-bedelaar
More
News
|