Musiek in die voorhuis
2008-09-04
KOM geniet die strelende klanke van fluit en klassieke kitaar Sondag om 17:00 in die voorhuis van Mooikelder Herehuis met Birgit Penny (fluit) en Uliano Marchio (klassieke kitaar).
Hulle dra werke voor van Massenet se Meditation, ’n paar werke van VillaLobos, Grieg se Solveig’s Song en ’n klompie vrolike Hongaarse danse.
Toegang is R50 (R30 studente en pensionarisse).
Vir navrae, skakel Adri by 082-749-8936 of 021-869-8787.
More
News
|