Oudisies vir jong musikante
2008-09-04
OP 22 en 23 September hou die Frank Pietersen Musieksentrum oudisies vir viool, tjello, kontrabas, dwarsfluit, fagot, hobo, klarinet, saxofoon, euphonium, Franse horing, tromboon, trompet, tuba, klavier, solosang, koorsang, tromme, klawerbord, kitaar, orkestrale perkussie, Afrika perkussie en “steelpans”. Dit bied aan ouers ’n ideale geleentheid om hul kinders op ’n vroeë ouderdom bloot te stel aan musiekonderrig. Oudisievorms moet voor of op 12 September by die sentrum voltooi word. Die Frank Pietersen Musieksentrum doen hiermee ’n vriendelike beroep op alle ouers wat gedurende die tydperk 2006 tot 2008 oudisievorms by die sentrum ingevul het vir musiekonderrig, om asseblief dringend die sentrum te kontak en weer ’n oudisievorm te voltooi. Die sentrum wil graag alle inligting verifieer en insluit by die volgende oudisieronde. Vir meer besonderhede, skakel 021-872-2123/4 of e-pos principal@ fpmusiccentre.org.za
More
News
|