Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Piet Botha sing in die Paarl

Piet Botha sing in die Paarl
 
2008-09-04


DIE sanger Piet Botha tree Woensdag 10 September om 20:00 op by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Hierdie vertoning is baie intiem met net Piet se stem, kitaar en sy alombekende mondfluitjie.

Piet en sy groepo Jack Hammer het onlangs ’n nuwe album, “Highway 13”, opgeneem.

Benewens die nuwe oorspronklike werke is daar ook baie toevoegings tot sy repertoire van nuwe materiaal soos ’n paar Johnny Cash interpretasies, asook hulle eie verwerkings van werke deur Nick Drake, Warren Zevon, Neil Young en andere.

“Ons klank het weer sy eie rigting ingeslaan, soos wat elke paar jaar gebeur, ’n tipe metamorfose as jy wil, en dis baie opwindend, die nuwe klanke en temas en ritmes.

“Daar blyk ook ’n tipe “country”-spook rond te dwaal, maar dis ‘n donker karakter,” het Botha gesê.

Hy sal darem ook van die ou gunstelinge vir die gehoor in gereedheid hê. Kaartjies kos R60.

Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za