Wees kreatief en wen groot
2008-09-04
DIE nuutgestigte Afrikaanse Taalraad (ATR) bied 地 opwindende slagspreukkompetisie vir Afrikaanssprekendes wat kan toor met Afrikaans. Die leser wat vorendag kom met die treffendste slagspreuk vir die ATR kan 地 lekker prys losslaan. Die Afrikaanse Taalraad is op 24 Mei in Wellington gestig. By hierdie geskiedkundige geleentheid het verteenwoordigers van sowat dertig Afrikaanse taalorganisasies landwyd 地 oorweldigende ja antwoord gegee vir 地 liggaam wat al die vele tonge van Afrikaans uit een mond kan laat praat. Die ATR het hier 地 mandaat gekry om te praat en te doen namens Afrikaans en 疝 haar sprekers en om daarvoor alle beskikbare Afrikaanse kundigheid, kragte en hulpbronne saam te snoer. SMS jou slagspreuk na 35126 voor 15 Oktober. Die persoon wie se slagspreuk as die weninskrywing aangewys word, sal R3000 wen. Begin sommer vandag nog dink en slaan 地 groot slag vir Afrikaans! * As, na die mening van die bestuur, geen bruikbare slagspreuk ontvang word nie, behou die bestuur die reg voor om geen prys toe te ken nie of 地 nuwe wedstryd uit te skryf.
More
News
|