GEDURENDE Augustus 2007 het ek ’n versoek gerig aan die Drakenstein Munisipaliteit vir die voorsiening van óf ’n verkeerslig óf ’n vier-rigtingstop te Kerkstraat.
Die klassifikasie van hierdie straat as ’n klas twee pad en ’n noodroete verhoed dat méér voorsien kan word as dié oorgange.
Ná voltooiing van die oorgang is ’n senior amptenaar van verkeer skriftelik versoek om wanneer moontlik personeel te voorsien om die nodige wetstoepassing (opvoeding) te doen om beide voetgangers en motoriste se aandag te vestig op die bestaan van die oorgange sowel as die korrekte gebruik daarvan.
Alle sypaadjie- en straatgebruikers behoort egter te weet wat ons verkeersreëls van ons verwag in hierdie geval.