Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir Nieu-Seeland - baie Suid-Afrikaners daar kry swaar

Pasop vir Nieu-Seeland - baie Suid-Afrikaners daar kry swaar
 
2008-09-04


DIT het mos deesdae ’n siekte geword onder die Paarliete om Nieu-Seeland toe te trek.

Weet julle ooit hoe dit is om daar te bly? Wel, die mense wat daar bly, sukkel geweldig en as mense vir hulle vra hoe dit gaan, sê hulle mos nee dit gaan goed en dat dit baie lekker daar is, julle moet kom, julle sal nie spyt wees nie.

Daar is mense wat daar bly vir 3 tot 8 jaar en hulle sukkel nou nog. Vir my was dit gesê alles is goedkoop en baie dinge is verniet, maar jy betaal vir alles.

Ek het al my pensioen en spaargeld verloor. Ek het vir 16 jaar daarvoor gewerk - vandag het ek niks.

Daar is so baie bewaarders wat daar bly wat niks oor het nie, maar hulle is te skaam om te sê dat dit sleg met hulle gaan. Daar is van hulle wat sommer lekker swerf.

Baie van hulle is depressief en kla geweldig - sommiges praat van Australië toe trek vir meer geld.

In Nieu-Seeland sal jy nooit ryk raak nie, jy kan maar daarvan vergeet. Moenie praat van huis koop nie. Mense wat voorheen huise besit het, kan dit nie daar bekostig nie. Die belastings is hoog en die huise duur.

Boonop is nasorg vir kinders onder 14 verpligtend en daarvoor moet jy ook betaal - vir babas veral is die nasorg baie duur en jy kan op die ou end niks spaar nie.

Baie mense is baie spyt dat hulle getrek het. Dit maak nie saak waar jy trek nie, jou probleme gaan saam met jou. Laat ek vandag vir julle advies gee - moenie agter vriende en familie gaan nie, bly waar julle is en maak die beste daarvan.

Moenie julle werk opgee nie - as jy wil bedank, vat dan liewers jou geld en maak jou eie besigheid oop in plaas van om jou geld in ’n ander land te mors.

As julle dink dat rassisme erg is in Suid­Afrika, dink weer. Suid-Afrika is die beste land in die wêreld met al sy probleme.

Hoekom moet jy na ’n ander land toe trek en dan eers oor tien jaar op die been kom? Local is lekker.

Dit is tyd dat die mense in Suid-Afrika hul land moet waardeer en saamwerk om die land ’n groot sukses te maak. Ek is baie trots op my land en sal dit nooit weer verlaat nie.

Ou Paarliet




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za