IN reaksie op die voorbladberig in die Paarl Post van 28 Augustus onder die opskrif “Ons trots struikel” waarin John Claasen, afrigter van Paarl Rugbyklub, aangehaal word in wat dui dat hy kritiek op die Springbokafrigter het, wil die klub soos volg kommentaar lewer:
Paarl Rugbyklub se bestuur ondersteun Peter de Villiers as Spingbokafrigter omdat ons weet watter opofferinge hy gemaak het om homself tot die hoogste vlak van afrigting te bekwaam, omdat sy passie vir rugby prysenswaardig is, omdat hy oor ryke ondervinding as afrigter beskik en omdat sy prestasie as inspirasie vir mense uit die Drakensteingebied dien.
Ons glo dat dit tyd sal neem om die volle omvang van Peter se visie te implimenteer. Hy verdien die geleentheid. Sterkte Peter.