Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


De Villiers verdien beter

De Villiers verdien beter
 
2008-09-04


DIT wil voorkom asof sommige koerante ’n veldtog begin het om alreeds na ’n ‘wit’ afrigter vir die Bokke te soek.

Die hoofberig in die Paarl Post van verlede week kan nie onbeantwoord gelaat word nie.

Dit is ’n skande om te sien hoe Paarl Post ook op die wa spring saam met diegene met duistere motiewe wat van Peter de Villiers ontslae wil raak.

Ek hoop ek is verkeerd in my afleiding dat rassisme hier ’n rol gespeel het.

Ek erken dat ons ’n ‘wen-mal nasie’ is, maar redelikheid moet ook seëvier. Niemand verwag dat die nasionale rugbyspan aanhoudend moet verloor nie.

Is die spelers ook nie daarvoor verantwoordelik dat hulle so goed begin en swak eindig nie?

Is die spelers rêrig lojaal teenoor die coach?

Is dit nie maar ook hul manier om van Peter ontslae te raak deur aanhoudend te verloor nie?

Ter afsluiting pleit ek vir redelikheid en dat Peter toegelaat moet word om te doen waarvoor hy betaal word.

Charles Solomons (Oem Chai)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za