Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kommentaar in beriggewing was neerhalend

Kommentaar in beriggewing was neerhalend
 
2008-09-04


DIE Paarl Rugby Streek wil hul misnoeë uitspreek oor die voorbladartikel van laasweek se Paarl Post, ‘Ons trots struikel’.

Dit is seker die Paarl Post se reg om persone te nader om menings te lug, maar sekerlik sou ’n mens kon verwag dat menings wat gevra en gepubliseer is die mening van die wye spektrum van die Paarl gemeenskap is.

Opvallend, maar nie verbasend, is hul kommentaar neerhalend en eerder gemik op die persoon en nie die probleem. ’n ‘Rugbykenner’ kan ook moedswillig wees en sonder of met rede beweer dat sekere Springbokspelers die afrigter moedswillig in die steek laat.

Die feit van die saak is dat ‘ons trots’ meer uitdagings as sy voorgangers het en dat hy vir seker op die Paarl Rugby Streek en die meeste van die ander Paarl rugbyklubs en ondersteuners se steun kan staat maak.

Daarbenewens word die vraag gevra, dat indien ’n persoon ’n artikel op die voorblad van ’n koerant plaas, hoekom is dit nodig om soveel menings van ander persone in te win en is dit die Paarl Post se mening dat ’n sekere deel van die Paarl gemeenskap se mening meer belangrik is as dié van ander is?

Sekretaris: Paarl Rugby Streek




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za