Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bokke rassisties?

Bokke rassisties?
 
2008-09-04


EK sien die Paarl Post het verlede week ook saamgeskryf oor Peter de Villiers en die Bokke wat so sukkel om te wen.

Dankie Vader hulle het dit toe darem Saterdag reggekry - en hoe!

Wat my pla is hoeveel mense in verskillende media verlede week beweer het dat die Bokke opsetlik swak gespeel het om Peter se reputasie te laat skade ly.

Hoekom op aarde sal ons top-rugbyspe­lers hoegenaamd wil verloor?

Ek is seker dat hulle tot die beste van hul vermoë gespeel het in elke wedstryd onder Peter se aanvoering - dat daar moontlik aanpassingsprobleme was met die nuwe styl kon wel bygedra het tot hul nederlae.

Maar om te beweer ons Bokke is so rassisties dat hulle hul eie afrigter opsetlik sal dwarsboom?

En daarmee hul eie reputasies op die spel sal plaas? Belaglik.

Nee a, dis haatspraak wat ek nie kan kondoneer nie.

Bok-liefhebber




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za