Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voorbladberig stel lesers erg teleur

Voorbladberig stel lesers erg teleur
 
2008-09-04


WEEREENS betoon ek my teleurstelling teenoor die Paarl Post oor hul voorbladstorie van 28 Augustus.

Dit is vir my onaanvaarbaar dat daar nou gekonsentreer word op mnr Peter de Villiers se vermoë om die Springbokspan af te rig.

Skielik kom die Paarl Post na vore met voorbladberiggewing om ook die afrigter te diskrediteer. Toe die afrigter die rugbygeskiedenisboeke herskryf het, nou nog onlangs in Nieu-See­land, was daar niks in die Paarl Post te lees nie.

Vir die eerste keer in my leeftyd het ek van rugby begin hou, met die tipe rugbystyl wat die afrigter opdis. Dit het gewerk toe hy nuut aangestel was, met vier pragoorwinnings.

Die vraag wat ek wil vra is, hoekom kan die Bokke nie nou meer wen nie. Die foute wat die spelers maak, kan nie voor die afrigter se deur gegooi word nie. Die afrigter kan nie nog professionele spelers basiese rugbytegnieke leer nie.

Ek glo daar is iets intern en ekstern wat die afrigter probeer kelder. ’n Derde mag word nie uitgesluit nie en daar moet ondersoek word waarom die spelers nou skielik so swak vertoon.Philo D




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za