Skroothandelaars beboet
2008-09-04
Lise Beyers
SKROOTHANDELAARS moet oppas vir die lang arm van die gereg. Dit is die boodskap wat die polisie besig is om te versprei onder hierdie handelaars, weens die toenemende diefstal van alle soorte metaal. Verlede week is drie skroothandelaars in Wellington beboet vir verskeie onreëlmatighede in hul bedryf. Altesame R5 000 se boetes is uitgeskryf. Wellington polisiewoordvoerder, insp Pierre Hugo, wat betrokke is by die bekamping van skrootdiefstal, het gesę dat hulle vasbeslote is om hok te slaan op hierdie misdaad. “Die gemeenskap in die geheel word hierdeur geraak, maar besighede en boerderye loop veral lelik deur. Verlede week het ons ’n groot hoeveelheid gestroopte plastiese omhulsels van gesteelde koperkabels in Bainskloof gevind. Dié word ook aan skroothandelaars verkoop. “Daar gaan nou weekliks toegeslaan word op skroothandelaars om te sien dat hulle boeke en werf in orde is.” Nadat ’n handelaar twee keer beboet is, sal hulle hof toe geneem word, en dit kan dan lei tot die opskorting van hul handelslisensie. Die boetes sal vir altyd op rekord wees en dit kan teen hulle gehou word wanneer hulle jaarliks hul lisensie moet hernieu. “Die kern van skrootdiefstal lę by sekere onverskrokke handelaars wat dikwels gesteelde goedere koop. Ons gaan dit nie meer duld nie.” * The police are taking a no-tolerance stance to scrap dealers.
More
News
|