Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions veg terug

Albions veg terug
 
2008-09-04


ALBIONS het Saterdag in gure weersomstandighede daarin geslaag om Scottsdene United met 27-26 te troef.

Die Paarliete het eerste punte aangeteken toe die staatmaker-stut Brendon Hendricks ’n drie langs die pale gedruk het.

Die losskakel Lincoln du Preez het die drie verdoel om die telling tot 7-0 te bring.

Na harde werk het Scottsdene daarin geslaag om ’n verdoelde drie te druk om die speelveld weer gelyk te maak, maar Du Preez het kort daarna koelkop gebly om ’n strafdoel oor te klits om aan sy span weer die voortou te gee (10-7).

Net toe dit wou voorkom of Albions aan die stuur is van sake het Scottsdene geantwoord met twee verdoelde drieë om die rustydtelling 21-10 te maak.

Albions se kaptein, Roderick Allies, moes teen rustyd harde woorde aan sy spelers gehad het, want in die tweede helfte het Albions weer die septer geswaai.

Na ’n strafskop deur Du Preez, en ’n verspot maklike drie deur Scottsdene, het die Paarliete uiteindelik wakker geskrik met die telling op 13-26 vir hul opponente.

Albions het karakter getoon deur koelkop te bly, en ná goeie spel deur ’n paar van Albions se jong manne, het die belowende vleuel Reagan Pietersen sy span se eerste drie van die tweede helfte behaal.

Met Albions se voorspelers in beheer van sake (met die speler van die wedstryd, Brendon Hendricks, aan die spits), het Lincoln du Preez, met sy span op die voorvoet, die lyn pragtig gebreek om die senter Melvyn Visser weg te stuur vir ’n drie. Du Preez het dié drie verdoel.

Albions se tweede span het 10-5 gewen terwyl Albions se derde span met 3-30 vasgeval het.

Albions speel Saterdag weg teen Hamlets. Die bus vertrek vanaf die polisiestasie om 11:00 en vanaf Groenheuwel (Chris Mobile) om 12:15.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za