Rowers slaan toe
2008-09-04
Lise Beyers
BEIDE kliënte en werknemers van ’n hardewarewinkel in Huguenot is Sondagoggend onkant gevang toe gewapende mans hulle gevange gehou het. Kort voor hierdie winkel se toemaak- tyd om 13:00, het drie Xhosa-spreken- de mans die winkel binnegekom. Een van die mans het ’n vuurwapen getoon aan ’n verkoopsdame, en nog drie mans wat reeds in die winkel was, het by hulle aangesluit. Nog ’n vuurwapen is in die rigting van verkoopspersoneel gerig. Hulle het daarop aangedring dat die voordeur gesluit word, en daarna is personeel en kliënte na ’n agterkamer gelei, hul selfone is geneem en hulle is ongedeerd daarin toegesluit. Die ses diewe het geld uit ’n kluis gehaal, asook uit die kasregisters. Hulle het ontsnap met R13 000 en ’n rekenaar. Die gevangenes het vir ’n halfuur stil in die vertrek gesit, en toe die deur afgebreek en die polisie ontbied. Enigiemand wat die polisie kan help met hul ondersoek kan vir insp Grandal Maarman skakel by 021-807-4000. * An armed robbery took place at a hardware store in Paarl on Sunday.
More
News
|