Peoples spoel weg
2008-09-04
YOUNG PEOPLES is Saterdag op Daljosafat saam met die reënweer weggespoel toe hulle met 19-7 vasgeval het teen Valsbaai. Die swaar voorspelers van Valsbaai het die Tiere veral in die skrums laat les opsê nadat die reënweer die Tiere se aanvallende benadering aansienlik bemoeilik het. Toe Valsbaai vir Peoples met fisiese voorspelerspel laat bontstaan het, moes die tuisspan hul keer ken. Valsbaai het eerste punte aangeteken toe hulle met ’n rolmaalbeweging oor die Tiere se doellyn gedryf het vir ’n drie. Die Tiere het onmiddellik teruggeantwoord toe die heelagter Dominique Daniels oor is vir sy drie, maar na ’n vyfmeter-skrum op Peoples se doellyn het Valsbaai hul tweede drie gaan druk en die spanne het gaan rus met die telling op 12-7 in die besoekers se guns. Die Tiere kon, in die nat weer, nooit behoorlik aan die gang kom nie en die skeidsregter het ook tot die Tiere se probleme bygedra aangesien hy hulle met vyf geelkaarte gestraf het. Valsbaai het die situasie goed uitgebuit en na nog ’n rolmaalbeweging het hulle weer gaan druk. Peoples het alles probeer om verdere punte aan te teken maar alle hoop het saam met die reën verdwyn. Peoples se tweede span het met 17-14 gewen en die derde span het met 0-40 verloor. Peoples se o.20’s het met 3-22 vasgeval. Young Peoples se juniors (o.12, o.14 en o.16) speel Saterdag t
More
News
|