Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diewe bring skool tot stilstand

Diewe bring skool tot stilstand
 
2008-09-04

Lise Beyers

’n PLAASLIKE skool word stuk-stuk weggedra deur skrootdiewe.

Sedert die begin van die kwartaal is daar reeds vyf keer toegeslaan op die skoolperseel van Amstelhof Primêr om enige stukkie beskikbare metaal te steel.

En die gort was verlede Donderdagoggend behoorlik gaar toe skoolpersoneel ontdek dat een van die seuns-kleedkamers behoorlik verrinneweer is deur diewe.

Behalwe dat die vertrek onder water was weens koperpype wat uit die dak en mure geruk is, het die diewe in die proses ook die porselein-wasbakke in stukke gebreek. Die dak is ook op verskeie plekke stukkend getrap.

“Ons is moedeloos,” sê ’n gefrustreerde skoolhoof, Claude de Jager.

“Ons het reeds teen ’n hoë onkoste die skool soveel beveilig as moontlik, maar diewe sny doodeenvoudig die heining af.

“Daar is eenvoudig nie geld om 24 uur van die dag ’n sekuriteitswag in diens te neem nie, en die onderwysdepartement help ons min.

“Die heiningdraad, ysterpale, elektriese drade en nou koperpype, word gesteel. Die ysterhekke word gesaag vir die metaal en selfs lampe en ons satellietskottel is gesteel.

“Elke keer as dit gebeur, bring dit die skool tot stilstand, terwyl ons ons eintlik moet toespits op die onderrig van ons leerders.”

Onlangs het Magnolia Primêr, Paarlzicht Primêr, LK Zeeman Primêr, asook TC Newman Hospitaal ook deurgeloop onder skroot- diewe.

Hulle wys almal hul vingers na informele skroothandelaars wat vanuit Amstelhof-, Magnolia- en Lantanawoonstelle onwettig handel dryf.

“Ons het onlangs self na een van hierdie woonstelle gegaan en ysters gevind wat by ons skool gesteel is.”

Ongelukkig was daar nie genoegsame bewyse om die betrokkenes te vervolg nie.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat hulle hul hande vol het met hierdie soort misdaad.

“Ons lê dikwels besoek af by skroothandelaars om te sien dat hul boeke in orde is. Maar ons is wel bewus daarvan dat die onwettige handel in skroot aan die toeneem is.

“Ons monitor die situasie en hoop vir ’n deurbraak binnekort.”

* Schools are being paralysed by metal thieves.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za