Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose gereed vir klubkampioenskappe

Rose gereed vir klubkampioenskappe
 
2008-09-04


ROSES UNITED pak Sondag die span van Nelspruit in sy eerste wedstryd by die nasionale klubrugbykampioen- skappe op Stellenbosch.

Die wedstryd word op die Cravenstadion, om 13:00, beslis.

Abel Davids, die Rose se afrigter, het laat blyk dat sy spelers die belangrikheid van die stryd teen Nelspruit, die klubkampioen van die Mpumalanga Pumas, deeglik besef.

“Die spelers is slaggereed vir die stryd teen Nelspruit en ons is dankbaar vir die opofferings wat die manne die afgelope seisoen gemaak het om deeglik voor te berei.”

Baie kenners meen dat die wedstryd voorlangs beslis gaan word. In dié opsig hoef die Rose nie vir hul teenstanders terug te staan nie aangesien die Wellingtonners, onder leiding van hulle inspirerende kaptein Franzel September, al menige pakke getroef het.

Die Rose behoort Nelspruit agterlangs ook baas te wees. Hier kan spelers soos Cornel Hendricks, Jaquin Jansen, Brendan April en Alvin Hugo se provinsiale ondervinding goud werd wees.

As Roses vir Nelspruit klop, pak hy eerskomende Dinsdag die Maties om 16:00 op die Cravenstadion. Die wenner van dié wedstryd dring deur na die halfeindronde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za