Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest United terug op wenpad

Hillcrest United terug op wenpad
 
2008-09-04


IN gure weer het Hillcrest United Saterdag, met uitstekende rugby, vir Brandvlei Perseverance met 43-0 geklop.

Die voorspelers het hul balbesit goed beskerm en ente veld gewen met rolmaalbewegings. André Andrews het uitstekend gespeel, met Conroy Gertse (losskakel) wat weereens sy stempel afgedruk het.

Jerome Coetsee en André Andrews het elk twee drieë gedruk, met Gerswin van Rooyen, John Abrahams en Shelton Benn wat elkeen drie ingepalm het. Gertse het met vier doelskoppe geslaag.

Hillcrest speel Saterdag hul laaste ligawedstryd teen Atlantics van Hermanus om te bepaal wie derde in die liga eindig. Die klub het ’n vol program beplan wat junior rugby (o.8) en ook veterane (Hillcrest teen die Parlementêre span) insluit. Die Cribo’s Angels BMW Klub sal ’n tentoonstelling aanbied asook Hillcrest Primêr se Trompoppies. Verrigtinge begin om 11:00.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za